Jona 2

2
1Daar binne-in die vis het Jona tot die Here, sy God, gebid:
2“Toe ek in die nood was, het ek na die Here geroep. Hy het gehoor ek roep na Hom. Van daaronder waar die dooies bly, het ek na Hom geroep om my te help. Hy het dit gehoor. 3U het my in die diepte van die see laat gooi, ek het gesink tot onder op die bodem van die see. Daar was waterstrome reg rondom my, een brander na die ander het oor my gebreek. 4Ek het gedink ek is van U afgesny, ek sal nooit weer by u tempel kan kom nie. 5Reg rondom my was daar water, die water het my vasgevang, seegras het om my kop vasgedraai. 6Ek het gesink tot waar die fondamente van die berge is, ek het afgesak tot waar die hekke vir altyd agter jou toegaan wanneer jy in die plek van die dooies ingaan. Maar U het my van daaronder opgetrek terug na die lewe toe, Here my God. 7Toe ek heeltemal uitgeput was, het ek aan die Here gedink, my gebed het opgestyg tot waar U in u blyplek is. 8Dié wat aan nuttelose afgode vashou, laat die Here los wat vir hulle so lief is. 9Ek sal met ’n danklied op my lippe vir U offers bring; wat ek vir U beloof het, sal ek met graagte vir U gee. Dit is net die Here wat ons kan red.”
10Die Here het toe met die vis gepraat. Hy het Jona op die land gaan uitspoeg.

Tans Gekies:

Jona 2: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid