JOËL 1:10
JOËL 1:10 Bybel vir almal (ABA)
Daar groei niks op die koringland nie, die grond is droog. Daar is niks koring nie, die druiwe is droog en dood, en ook die olywe.
JOËL 1:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.
JOËL 1:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die weiding is weggevreet, die veld treur. Die koringoes is weggevreet, van die wyn het daar niks gekom nie; die olyfolie het verdwyn.
JOËL 1:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die landerye is vernietig, die grond is uitgedor. Ja, die koring is vernietig, die •nuwe wyn het opgedroog, die olyfoes het weggekwyn.
JOËL 1:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die veld is verwoes, die land treur; want die koring is vermors, die mos het opgedroog, die olie kwyn.