JOHANNES 20:7 - Compare All Versions
JOHANNES 20:7 ABA (Bybel vir almal)
Hy het ook die doek gesien wat om Jesus se kop was. Die doek het nie by die ander grafdoeke gelê nie. Iemand het dit opgevou, en dit was op 'n ander plek.
JOHANNES 20:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
JOHANNES 20:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
ook die doek wat om Jesus se kop was. Dié doek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant afsonderlik opgerol.
JOHANNES 20:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
en die doek wat oor sy kop was. Dié doek het nie by die linnedoeke gelê nie, maar was eenkant, afsonderlik opgerol.
JOHANNES 20:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die doek wat om sy hoof was, het nie by die linneklere gelê nie, maar saamgedraai op 'n plek alleen.
JOHANNES 20:7 DB (Die Boodskap)
Die spesiale lap wat hulle op Jesus se gesig gesit het, het nie by die ander linne gelê nie. Dit het eenkant alleen gelê, mooi opgevou.
JOHANNES 20:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
én die kopdoek wat om Jesus se kop was. Die kopdoek het nie by die ander doeke gelê nie, maar was eenkant opgerol.