JOHANNES 18:8-9
JOHANNES 18:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jesus: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. As julle My soek, laat die mense hier by My dan toe om weg te gaan.” So sou vervul word wat Hy voorheen gesê het: “Van dié wat U My gegee het, het Ek niemand verlore laat gaan nie.”
JOHANNES 18:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hulle gesê: “Ek het vir julle gesê dit is Ek. Dit is vir Mý wat julle wil vang, daarom kan julle my dissipels laat gaan.” Jesus het dit gesê sodat die woorde waar kon word wat Hy voorheen gesê het: “ Vader, U het vir my mense gegee, en Ek het nie een van hulle laat verlore gaan nie.”
JOHANNES 18:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan — sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.
JOHANNES 18:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het geantwoord: “Ek het vir julle gesê, Ek Is Hy. As julle dan na My soek, laat hierdie mense gaan.” Sodoende sou die woorde wat Hy gesê het, vervul word: “Hulle wat U aan My gegee het, van hulle het Ek nie een verlore laat gaan nie.”
JOHANNES 18:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is; as julle My daarom soek, laat hulle weggaan. Sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Van die wat U My gegee het, het ek niemand verloor nie.
JOHANNES 18:8-9 Die Boodskap (DB)
“Maar Ek het dan vir julle gesê dis Ek. As julle My wil hê, los hierdie ander dan uit.” So het dit wat Jesus beloof het, waar geword. Hy het mos gesê dat Hy daarvoor sou sorg dat nie een van hulle na wie Hy moes kyk, iets oorkom nie.
JOHANNES 18:8-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus se reaksie was: “Ek het dan vir julle gesê dat dit Ek is. As julle Mý dan soek, laat hierdie mense wat saam met My is, weggaan.” Sodoende het die woord wat Hy vroeër uitgespreek het, waar geword: “Uit die mense wat U aan My toevertrou het, het niemand verlore gegaan nie.”