JOHANNES 18:38 - Compare All Versions
JOHANNES 18:38 ABA (Bybel vir almal)
Pilatus vra toe vir Jesus: “Wat is die waarheid? Ek dink niemand weet nie.” Toe Pilatus klaar met Jesus gepraat het, het Hy weer uitgegaan na die Jode toe. Hy het vir hulle gesê: “Jesus het niks verkeerd gedoen nie.
JOHANNES 18:38 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.
JOHANNES 18:38 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Wat is waarheid?” sê Pilatus toe vir Hom. En toe hy dit sê, gaan hy weer uit na die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in hom nie.
JOHANNES 18:38 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Pilatus sê toe vir Hom: “Wat is waarheid?” Nadat hy dit gesê het, het hy weer na die Jode uitgegaan en vir hulle gesê: “Ek vind geen skuld in hom nie.”
JOHANNES 18:38 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En nadat Hy dit gesê het, gaan Hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in hom nie.
JOHANNES 18:38 DB (Die Boodskap)
“Waarvan praat jy? Wat is die waarheid?” vra Pilatus Hom. Na die gesprek is Pilatus toe weer buitetoe. Daar sê hy vir die Jode: “Dit lyk nie vir my of hierdie man iets verkeerds gedoen het nie. Ek wil ’n voorstel maak.
JOHANNES 18:38 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Pilatus sê toe vir Jesus: “Wat is waarheid?” Terwyl hy dit sê, gaan Pilatus weer buitentoe na die Jode en kondig aan: “Ek vind geen skuld in hom nie.