JOHANNES 18:25
JOHANNES 18:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Simon Petrus het hom staan en warm maak. En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie.
JOHANNES 18:25 Bybel vir almal (ABA)
Simon Petrus het nog buite by die vuur gestaan en hy het homself warm gemaak. Die ander mense wat daar gestaan het, het vir hom gevra: “Is jy ook een van Jesus se dissipels?” Petrus het gesê: “Nee, ek is nie.”
JOHANNES 18:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Simon Petrus het hom nog gestaan en warm maak. Die mense by die vuur vra toe vir hom: “Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie?” Hy het dit ontken en gesê: “Nee, ek is nie!”
JOHANNES 18:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Simon •Petrus het hom nog daar staan en warm maak. Hulle sê toe vir hom: “Is jy nie ook een van sy dissipels nie?” Petrus het dit ontken en gesê: “Ek is nie!”
JOHANNES 18:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Simon Petrus het gaan staan en hom warm gemaak. Hulle sê toe vir Hom: Is jy nie ook een van sy dissipels nie? Hy het dit ontken en gesê: Ek is nie.