JOHANNES 18:14
JOHANNES 18:14 Bybel vir almal (ABA)
Dit was Kajafas wat vir die Jode gesê het dit is beter dat een mens sterf sodat al die mense van die volk kan lewe.
JOHANNES 18:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.
JOHANNES 18:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit was Kajafas wat vir die Jode die raad gegee het dat dit tot hulle voordeel is dat een man vir die volk sterwe.
JOHANNES 18:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit was Kajafas wat die raad aan die Jode gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterf.
JOHANNES 18:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit was Kajafas wat aan die Jode raad gegee het dat dit raadsaam was dat een man vir die volk moes sterf.
JOHANNES 18:14 Die Boodskap (DB)
Hy was nie net die belangrikste priester nie, maar ook die voorsitter van die belangrikste Joodse godsdienstige raad. Dit was ook hy wat die Jode oortuig het dat dit beter sou wees dat Jesus doodgemaak word as wat die hele volk by die Romeine in die moeilikheid kom.