JOHANNES 14:4-6
JOHANNES 14:4-6 Bybel vir almal (ABA)
Ek weet julle ken die pad na die plek waarnatoe Ek gaan.” Tomas het vir Hom gesê: “Here, ons weet nie waarnatoe U gaan nie. Daarom ken ons ook nie die pad daarnatoe nie.” Jesus sê toe vir Tomas: “Ek is die pad, Ek is die waarheid, Ek is die lewe. Niemand kan by die Vader kom as hy nie in My glo nie.
JOHANNES 14:4-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
JOHANNES 14:4-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.” Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
JOHANNES 14:4-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.” Thomas sê vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
JOHANNES 14:4-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En waarheen Ek gaan, weet julle, en die weg ken julle. Tomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie; en hoe kan ons die weg ken? Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
JOHANNES 14:4-6 Die Boodskap (DB)
Julle weet eintlik goed waarheen Ek gaan en hoe om daar te kom.” “Met alle respek, Here,” sê Tomas, “ons ken nie eens die adres waarheen U gaan nie. Hoe op aarde sal ons dan weet watter pad om te vat?” Jesus sê toe: “Laat Ek dit so stel: Ek is die ‘pad’ en my Vader die ‘adres’. Wie hierdie pad loop, kom by die ware lewe uit. As iemand ’n ander pad loop, sal hy nooit by my Vader uitkom nie.
JOHANNES 14:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle weet mos waarheen Ek gaan, en hoe om daar te kom.” Tomas sê vir Jesus: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die pad daarheen ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.