JOHANNES 12:40
JOHANNES 12:40 Bybel vir almal (ABA)
Hy het gesê: God het die mense se oë blind gemaak, Hy het hulle harte hard gemaak. Daarom kon hulle oë nie sien nie, en hulle harte kon nie verstaan nie, en hulle het nie begin lewe soos God wil hê nie. Daarom sal Ek hulle nie gesond maak nie, sê God.
JOHANNES 12:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
JOHANNES 12:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
“God het hulle oë blind gemaak en hulle verstand laat afstomp sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie.”
JOHANNES 12:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hy het hulle oë verblind en hulle harte verhard sodat hulle nie met hulle oë kon sien en met hulle harte kon verstaan en kon terugdraai, en Ek hulle genees nie.”
JOHANNES 12:40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard; dat hulle nie met hul oë sou sien en nie met hul hart sou verstaan nie, en hulle sou bekeer, en Ek hulle sou genees.