JEREMIA 45:3
JEREMIA 45:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy het gesê: ‘Dit is klaarpraat met my! Ek kry alreeds so swaar en dan maak die HERE my pyn net nog meer. Ek is al so moeg van my eie gesug, ek kan net nie rus vind nie.’
JEREMIA 45:3 Bybel vir almal (ABA)
Jy sê dit gaan sleg met jou, want die Here laat jou nog meer swaarkry. Jy hou aan kla en jy is moeg daarvan, jy kan nie rus nie.
JEREMIA 45:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy sê: Wee my tog, want die HERE het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!
JEREMIA 45:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy sê dit is klaar met jou, die Here het nog meer lyding by jou smart gevoeg, jy is al uitgeput van kla, jy kry nie rus nie?
JEREMIA 45:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Jy sê: “Wee my! Want die HERE het droefheid by my smart gevoeg. Ek is moeg van my gesug, en ek kry geen rus nie.” ’