Jeremia 45

45
'n Boodskap vir Baruk
1Die profeet Jeremia het 'n boodskap gebring vir Baruk seun van Nerija. Dit was in die tyd toe Baruk al hierdie dinge geskryf het op die boekrol, alles wat die profeet vir hom gesê het. Dit was in die vierde jaar nadat Jojakim seun van Josia koning van Juda geword het. 2Jeremia het gesê: “Baruk, die Here, die God van Israel, sê vir jou: 3Jy sê dit gaan sleg met jou, want die Here laat jou nog meer swaarkry. Jy hou aan kla en jy is moeg daarvan, jy kan nie rus nie. 4Maar my boodskap vir jou is: Ek breek af wat Ek gebou het, en Ek ruk uit wat Ek geplant het. Ek doen dit in die hele land. 5Jy maak groot planne vir jouself, maar jy moenie, want Ek sal dit sleg laat gaan met almal. Maar Ek sal jou beskerm oral waar jy gaan, Ek sal jou laat aanhou lewe. Jy sal niks anders hê nie, maar jy sal lewe.”

Tans Gekies:

Jeremia 45: ABA

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid