Jeremia 45

45
Vermaning aan Barug
1Die woord wat die profeet Jeremia vir Barug, seun van Nerija, gesê het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in 'n •boekrol geskryf het in die vierde regeringsjaar van Jojakim, seun van Josia, koning van Juda: 2“So sê die Here, die God van Israel oor jou, Barug, 3‘Jy sê: “Wee my! Want die Here het droefheid by my smart gevoeg. Ek is moeg van my gesug, en ek kry geen rus nie.” ’
4“So moet jy vir hom sê, ‘So sê die Here: “Kyk, wat Ek gebou het, gaan Ek afbreek, en wat Ek geplant het, gaan Ek uitruk – hierdie hele land. 5En jy, soek jy vir jouself groot dinge? Moet dit nie soek nie, want kyk, Ek gaan onheil bring oor alle mense,” is die uitspraak van die Here. “Maar Ek sal jou lewe vir jou gee as buit, op al die plekke waarheen jy sal gaan.” ’ ”

Tans Gekies:

Jeremia 45: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid