JEREMIA 28:5
JEREMIA 28:5 Bybel vir almal (ABA)
Die profeet Jeremia het die profeet Gananja geantwoord. Die priesters en al die mense wat in die tempel gewerk het, het dit gehoor.
JEREMIA 28:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van die HERE gestaan het
JEREMIA 28:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe antwoord die profeet Jeremia die profeet Gananja in die teenwoordigheid van die priesters en die hele volk wat in die huis van die Here gestaan het.
JEREMIA 28:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê die profeet Jeremia vir die profeet Gananja in die teenwoordigheid van die priesters en die hele volk wat in die huis van die HERE staan
JEREMIA 28:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die profeet Jeremia vir die profeet Hanánja voor die priesters en voor die hele volk wat in die huis van die HERE staan