JEREMIA 28:16
JEREMIA 28:16 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: Omdat jy dit gedoen het, sal Ek jou wegvee van die aarde. Jy sal sterf voordat hierdie jaar verby is. Hoekom? Want jy het vir die mense gesê hulle moet opstandig wees teen die Here.”
JEREMIA 28:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die HERE verkondig het.
JEREMIA 28:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom, sê die Here, gaan Ek jou wegvee van die aarde af. Jy sal vanjaar nog sterf, want jy het opstand teen die Here gepreek.
JEREMIA 28:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom, so sê die HERE, ‘Kyk, Ek gaan jou van die aardbodem af wegwerp. Jy gaan vanjaar nog sterf, omdat jy valshede oor die HERE verkondig het.’ ”
JEREMIA 28:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verwerp jou van die aarde af; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy opstandigheid teen die HERE geleer het.