YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JEREMIA 27:5

JEREMIA 27:5 Bybel vir almal (ABA)

Dit is Ek wat die aarde gemaak het, en ook die mense en die diere wat op die aarde is. Ek het dit gedoen met my eie groot krag, en Ek gee dit vir wie Ek wil.

Deel
Lees JEREMIA 27

JEREMIA 27:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.

Deel
Lees JEREMIA 27

JEREMIA 27:5 Afrikaans 1983 (AFR83)

Deur my groot krag en met my magtige dade het Ek die aarde, die mense en die diere wat op die aarde is, gemaak en Ek gee dit aan wie Ek wil.

Deel
Lees JEREMIA 27

JEREMIA 27:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Ek is die een wat deur my groot krag en uitgestrekte arm die aarde gemaak het, ook die mense en diere wat op die aarde is, en Ek gee dit aan wie Ek wil.

Deel
Lees JEREMIA 27

JEREMIA 27:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Ek het die aarde gemaak, die mens en die dier wat op die aarde is, deur my groot krag en deur my uitgestrekte arm, en het dit gegee aan wie dit vir my goed gelyk het.

Deel
Lees JEREMIA 27

JEREMIA 27:5 Die Boodskap (DB)

Omdat Ek baie mag en krag het, het Ek die aarde en die mense en die diere wat op die aarde is, gemaak. Ek kan daarmee maak net wat Ek wil.

Deel
Lees JEREMIA 27

JEREMIA 27:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Ek het die aarde en die mense en die diere op die aarde deur my groot mag en krag gemaak. Ek kan dit gee aan wie Ek wil.

Deel
Lees JEREMIA 27
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's