JEREMIA 27:21-22
JEREMIA 27:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Maar nou praat die Here wat oor alles regeer, die God van Israel. Hy praat oor die goed wat nog oorgebly het in die tempel en in die paleis van die koning van Juda en Jerusalem. Die Here sê: Die vyande sal dit wegvat na Babel, en dit sal daar bly totdat Ek besluit dat dit moet terugkom na hierdie plek.”
JEREMIA 27:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het: Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die HERE, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.
JEREMIA 27:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
dit sal na Babel toe gevat word en dit sal daar bly tot Ek dit weer onder my sorg sal neem, sê die Here. Dan sal Ek dit gaan haal en terugbring na hierdie plek toe. Dit is wat die Here die Almagtige, die God van Israel, sê van die voorwerpe wat nog oor is in die huis van die Here en in die paleis van die koning van Juda en in Jerusalem.
JEREMIA 27:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, so sê die HERE, Heerser oor alle magte, die God van Israel, oor die voorwerpe wat oorgebly het in die huis van die HERE en in die huis van die koning van Juda en in Jerusalem, ‘Na Babel sal dit geneem word, en dit sal daar bly tot op die dag dat Ek daaraan aandag gee,’ ” is die uitspraak van die HERE. “ ‘Dan sal Ek dit laat haal en dit terugbring na hierdie plek.’ ”
JEREMIA 27:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ja, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat oorgebly het in die huis van die HERE en in die huis van die koning van Juda en van Jerusalem; Hulle sal na Babel weggevoer word, en daar sal hulle wees tot op die dag dat Ek hulle besoek, spreek die HERE; dan sal Ek hulle laat opkom en hulle op hierdie plek terugbring.
JEREMIA 27:21-22 Die Boodskap (DB)
Maar hoor wat sê die Here oor hierdie kosbare goed wat in die tempel en die paleis van die koning van Juda is: Hy sê: Al hierdie goed sal na Babel toe weggedra word. Daar sal dit bly totdat Ek eendag wil hê dit moet terugkom. As die tyd reg is, sal Ek alles weer na Jerusalem toe terugbring.”
JEREMIA 27:21-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar hoor wat sê die HERE, die Almagtige, oor hierdie kosbare voorwerpe wat in die tempel en die paleis van die koning van Juda is: ‘Hulle sal al hierdie voorwerpe na Babel toe wegdra,’ sê die HERE. ‘Dit sal daar bly totdat Ek dit wil terugbring. Dan bring Ek alles terug en Ek herstel dié plek.’”