JEREMIA 27:16
JEREMIA 27:16 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het ek, Jeremia, met die priesters en al hierdie mense gepraat en vir hulle gesê: “Die Here sê: Julle moenie luister na julle profete wat vir julle boodskappe bring en sê die tempel-gereedskap sal gou terugkom uit Babel nie, want daardie profete bring boodskappe wat vals is.
JEREMIA 27:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
JEREMIA 27:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het ek, Jeremia, vir die priesters en hierdie hele volk gesê: So sê die Here: Moenie luister na julle profete nie. Hulle sê vir julle: “Die voorwerpe uit die huis van die Here sal baie gou teruggebring word uit Babel.” Daardie profete lieg vir julle.
JEREMIA 27:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vir die priesters en hierdie hele volk het ek gesê: “So sê die HERE, ‘Moenie luister na die woorde van julle profete nie, hulle wat vir julle profeteer: “Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou vinnig teruggebring word uit Babel.” Want dit is leuens wat hulle vir julle profeteer.
JEREMIA 27:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek het ook met die priesters en met hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE; Luister nie na die woorde van julle profete wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou binnekort uit Babel teruggebring word nie, want hulle profeteer 'n leuen vir julle.
JEREMIA 27:16 Die Boodskap (DB)
Ek het toe met die priesters en die mense gepraat en gesê: “Die Here sê: Moenie luister na julle profete wat sê dat al die kosbare goed wat uit die tempel van die Here weggevat is, gou uit Babel hiernatoe sal terugkom nie. Hulle lieg vir julle!
JEREMIA 27:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het toe met die priesters en hierdie mense gepraat en gesê: “Die HERE sê: Moenie na die profete luister wat sê dat al die kosbare voorwerpe wat hulle uit die tempel van die HERE weggevat het, gou uit Babel hiernatoe sal terugkom nie. Dis ’n leuen!