JEREMIA 2:28
JEREMIA 2:28 Bybel vir almal (ABA)
Maar waar is julle gode wat julle vir julle gemaak het? Hulle moet kom en julle red wanneer dit sleg gaan met julle, as hulle dit kan doen. Want, Juda, julle het net so baie gode gehad soos stede.
JEREMIA 2:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Waar is dan jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan as hulle jou kan verlos in die tyd van jou onheil; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!
JEREMIA 2:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle jou kom red wanneer 'n ramp jou tref, as hulle kan! Soveel stede as wat jy het, Juda, net soveel gode het jy.
JEREMIA 2:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? Laat hulle opstaan, as hulle jou kan verlos in die tyd van jou teenspoed. Want soveel as wat jou dorpe is, soveel het jou gode geword, Juda.
JEREMIA 2:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar waar is jou gode wat jy vir jou gemaak het? laat hulle opstaan as hulle jou kan red in die tyd van jou benoudheid; want volgens die getal van jou stede is jou gode, o Juda!