RIGTERS 4:18
RIGTERS 4:18 Bybel vir almal (ABA)
Jael het vir Sisera gaan ontmoet. Sy het vir hom gesê: “Kom, Meneer, kom na my toe. Moenie bang wees nie.” Sisera het na haar tent gekom, en sy het hom laat wegkruip onder 'n kombers.
RIGTERS 4:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jael het uitgegaan Sísera tegemoet en vir hom gesê: Draai uit, my heer, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met 'n kombers toegemaak.
RIGTERS 4:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jael het vir Sisera tegemoet gegaan en vir hom gesê: “Kom hierheen, Meneer! Kom na my toe, moenie bang wees nie!” Toe gaan hy na haar toe in die tent en sy het hom agter 'n gordyn weggesteek.
RIGTERS 4:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jael het uit die tent gekom, Sisera tegemoet, en vir hom gesê: “Draai af, my heer, draai af na my. Moenie bang wees nie!” Hy het na haar, na die tent afgedraai en sy het hom met 'n deken toegemaak.
RIGTERS 4:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jael het uitgegaan Sisera tegemoet en vir hom gesê: Kom, my heer, kom na my toe; Moet nie vrees nie. En toe hy by haar in die tent ingaan, het sy hom met 'n mantel toegemaak.