RIGTERS 4:13
RIGTERS 4:13 Bybel vir almal (ABA)
Sisera het sy 900 oorlogkarre van yster en ook al sy soldate uit Garoset-Gojim laat kom na die Kison-rivier.
RIGTERS 4:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het Sísera al sy strydwaens, negehonderd ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die heidene na die spruit Kison bymekaargeroep.
RIGTERS 4:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sisera het toe sy nege honderd strydwaens en al sy manskappe van Garoset-Gojim af laat kom na Kisonspruit toe.
RIGTERS 4:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Sisera sy hele strydwamag, negehonderd ysterstrydwaens, en al die manskappe wat by hom was, opgeroep uit Garoset-Gojim na die Kisonspruit.
RIGTERS 4:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Sísera het al sy strydwaens, negehonderd ysterwaens, en al die mense wat by hom was, bymekaargemaak, van Haroset van die heidene af tot by die Kisonrivier.