RIGTERS 3:20-22
RIGTERS 3:20-23 Bybel vir almal (ABA)
Die koning was in sy koel bo-kamer waar ander mense gewoonlik nie gekom het nie. Ehud het vir die koning gesê: “Ek bring vir jou 'n boodskap van God.” Toe die koning opstaan van sy stoel, het Ehud met sy linker-hand die swaard van sy regter-heup gevat. Hy het dit so diep in die koning se maag gesteek dat die vet die swaard toegemaak het. Ehud het nie die swaard weer uitgetrek nie. Hy het die deur van die bo-kamer gesluit en deur 'n venster geklim, en hy het by die voordeur uitgegaan.
RIGTERS 3:20-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan, steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik, sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.
RIGTERS 3:20-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ehud het nader gekom na die koning toe waar hy gesit het in sy koel bovertrek wat net vir hom bedoel was, en vir hom gesê: “Ek het 'n boodskap van God vir u.” Hy het toe opgestaan van sy troon af, en Ehud het sy swaard van sy regterheup af met sy linkerhand gegryp en vir Eglon in sy maag gesteek. Die hef het saam met die lem in sy maag ingegaan en die vet het oor die swaard gepeul, sodat Ehud dit nie kon uittrek nie. Hy het toe deur 'n geheime uitgang
RIGTERS 3:20-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Ehud het na hom toe ingegaan, waar hy in die koel bovertrek sit wat vir die koning alleen bedoel was. “Ek het 'n boodskap van God vir u,” het Ehud gesê. Toe Eglon van die troon af opstaan, steek Ehud sy linkerhand uit, vat die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy maag in, sodat selfs die hef agter die lem ingaan en die vet die lem omsluit; want hy het nie die swaard uit sy maag uitgetrek nie. Hy is toe by die geheime uitgang uit.
RIGTERS 3:20-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ehud het na hom gekom; en hy het in 'n somerkamer gesit, wat hy alleen vir homself gehad het. En Ehud sê: Ek het 'n boodskap van God aan jou. En hy het uit sy stoel opgestaan. En Ehud het sy linkerhand uitgesteek en die dolk van sy regterboud geneem en dit in sy buik gedruk. En die hefboom het ook agter die lem ingegaan; en die vet het aan die lem toegemaak, sodat hy die dolk nie uit sy buik kon trek nie; en die vuiligheid het uitgekom.
RIGTERS 3:20-22 Die Boodskap (DB)
Ehud het toe nader aan die koning gestap waar hy alleen in sy koel bovertrek gesit het, en vir hom gesê: “Ek het ’n boodskap van God af vir u.” Die koning het dadelik van sy troon af opgestaan en Ehud het met sy linkerhand die swaard, wat hy aan sy regterkant onder sy klere weggesteek het, uitgetrek en Eglon in sy maag gesteek. Die hele swaard, hef en al, het in die koning se maag ingegaan sodat die vet daaroor gepeul het. Die swaard het vasgesit en Ehud het dit net so in die koning gelos.
RIGTERS 3:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ehud het nadergestaan aan die koning waar hy in sy private koel bovertrek gesit het. Ehud het vir hom gesê: “Ek het vir u ’n boodskap van God.” Die koning het van sy troon af opgestaan. Ehud het toe met sy linkerhand die dolk van sy regterheup af uitgepluk en dit in Eglon se maag ingedryf. Ehud kon dit nie weer uitkry nie. Die koning was so vet dat die handvatsel in sy maag weggeraak het. Die koning het homself vuilgemaak.