RIGTERS 3:19
RIGTERS 3:19 Bybel vir almal (ABA)
Hyself het omgedraai by die beelde naby Gilgal. Hy het teruggegaan na die koning toe en vir hom gesê: “Koning, ek moet vir jou iets sê, maar dit is 'n geheim.” Die koning het toe gesê almal wat by hom was, moet uitgaan. Hulle het dit gedoen.
RIGTERS 3:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.
RIGTERS 3:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
maar Ehud het by Die Beelde naby Gilgal omgedraai en vir die koning kom sê: “Koning Eglon, ek het 'n geheime boodskap om vir u te gee.” Toe sê die koning: “Laat ons alleen,” en al sy amptenare het van hom af weggegaan.
RIGTERS 3:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Self het hy by die afgodsbeelde wat by Gilgal is, teruggedraai. “Ek het 'n geheime boodskap vir u, o koning,” het hy gesê. Eglon het gesê: “Stilte!” waarop almal wat hom bystaan, toe uitgegaan het.
RIGTERS 3:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het self teruggedraai van die steengroewe wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime boodskap aan u, o koning, wat gesê het: Bly stil. En almal wat by hom gestaan het, het van hom uitgegaan.
RIGTERS 3:19 Die Boodskap (DB)
Hy het by die klipbeelde naby Gilgal omgedraai. Toe is hy terug na koning Eglon toe. Ehud sê toe vir hom: “U Majesteit, ek het ’n geheime boodskap net vir u!” Hierop het die koning vir sy amptenare gesê: “Stilte. Ons wil alleen wees!” en hulle is toe daar uit.