RIGTERS 3:1
RIGTERS 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wou vir die Israeliete wat nog nie oorlog kon maak nie, leer hoe om oorlog te maak. Hy wou die Israeliete toets. Daarom het Hy hierdie volke laat bly waar hulle was
RIGTERS 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel
RIGTERS 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het hierdie nasies met rus gelaat om die Israeliete met hulle op die proef te stel, dié Israeliete wat nie ondervinding gehad het van al die oorloë teen die Kanaäniete nie.
RIGTERS 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die nasies wat die HERE met rus gelaat het, om Israel deur hulle te toets – dit is nou almal wat nie ervaring gehad het van al die oorloë in Kanaän nie
RIGTERS 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die nasies wat die HERE nagelaat het om Israel deur hulle te beproef, almal uit Israel wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie