RIGTERS 2:6-13
RIGTERS 2:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Josua die volk laat gaan het, het hulle die land gaan verower en daarna het elkeen na sy grond toe gegaan. So lank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om vir Israel te help. Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het honderd en tien jaar oud geword. Hy het gesterf, en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg. Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien. Hulle het opgehou om die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien, van die gode van die nasies in die omgewing. Die Israeliete het hierdie gode aanbid en die Here getart. Hulle het opgehou om die Here te dien en hulle het die Baäls en die Astartes gedien.
RIGTERS 2:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nadat Josua die volk weggestuur het, is elkeen na sy grond toe om dit in besit te gaan neem. Terwyl Josua nog geleef het, het die volk die HERE bly dien. Terwyl dié leiers oor was wat langer as Josua geleef het, het hulle nog die HERE gedien. Hierdie mense het nog al die groot dade beleef wat die HERE vir Israel gedoen het. Josua, die seun van Nun en dienaar van die HERE, is dood op 110 jaar. Hy is op sy grond begrawe in Timnat-Geres, in die heuwels van Efraim, noord van Gaäsberg. Daardie geslag het uitgesterf. Ná hulle het daar ’n geslag mense gekom wat nie die HERE geken het nie. Hulle het ook niks geweet van die groot dinge wat Hy gedoen het nie. Die Israeliete het toe iets gedoen wat vir die HERE baie sleg was. Hulle het die Baäls begin aanbid. Hulle het hulle rug gedraai op die HERE, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipte gered het. Hulle het agter die vreemde gode van die volke rondom hulle aan gegaan. Die Israeliete het voor hierdie gode begin kniel. Dit het die HERE kwaad gemaak. Hulle het die HERE net so gelos en die Baäls en die Astartes begin aanbid.
RIGTERS 2:6-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het die volk weggestuur, en die Israeliete het elkeen na sy erfdeel gegaan om die land in besit te neem. Die volk het die HERE gedien gedurende Josua se leeftyd, en ook gedurende die leeftyd van die oudstes wat lank ná Josua nog geleef het, hulle wat al die groot dade van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het. Josua, seun van Nun, die dienskneg van die HERE het op die ouderdom van honderd-en-tien jaar gesterf. Hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Geres, wat in die heuwelland van Efraim geleë is, noord van die berg Gaäs. Nadat ook daardie hele geslag met hulle voorouers verenig is, het daar 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat nie die HERE geken het, en ook nie die dade wat Hy vir Israel gedoen het nie. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE; hulle het die Baäls gedien. Hulle het die HERE, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipteland laat wegtrek het, verlaat, en agter ander gode aangeloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was. Hulle het voor hulle in aanbidding neergebuig en die HERE uitgetart. Hulle het die HERE verlaat en Baäl en die Astartes gedien.
RIGTERS 2:6-13 Die Boodskap (DB)
Josua het die volk gestuur om die land te gaan inneem. Elke stam het in die gebied gaan bly wat aan hulle toegeken is. Gedurende Josua se leeftyd het Israel die Here bly dien. Na sy dood het hulle nog voor die Here gebuig solank die leiers, wat alles self ervaar het wat die Here vir Israel gedoen het, geleef het. Nie lank hierna nie is Josua die seun van Nun, die dienaar van die Here, in die ouderdom van 110 jaar dood. Hulle het hom op sy eie grond in Timnat-Serag op die berge van Efraim regoor die Gaäsberge begrawe. Die leiers wat vir Josua oorleef het, is later almal dood. Na hulle het daar ’n geslag mense gekom wat nie die Here geken het nie. Hulle het ook nie geweet van al die wonderlike dinge wat Hy vir Israel gedoen het nie. Toe het die Israeliete sonde gedoen: hulle het die Baäls, die gode van ander volke, begin dien. Hulle het opgehou om die Here, die God van hulle voorvaders wat hulle uit Egipte gered het, te dien. Hulle het heeltyd agter ander gode aangeloop. Dit het die Here baie kwaad gemaak. Hulle het die rug vir die Here gedraai en die Baäls en die beelde van Astarte begin dien.
RIGTERS 2:6-13 Bybel vir almal (ABA)
Josua het die Israeliete gestuur om die land te vat, en hulle het gegaan en dit gedoen. Elkeen het na die stuk grond gegaan wat hy moes kry. Die Israeliete het die Here gedien terwyl Josua gelewe het en terwyl die leiers ná Josua gelewe het. Hierdie leiers was die mense wat gesien het watter groot dinge die Here vir die Israeliete gedoen het. Maar Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het gesterf. Hy was 110 jaar oud. Sy mense het hom begrawe op sy grond in Timnat-Geres, in die Efraim-berge, noord van Gaäs-berg. En toe die mense wat saam met Josua gelewe het, ook gesterf het, het 'n nuwe geslag gekom wat nie die Here geken het nie en nie geweet het wat Hy alles vir die Israeliete gedoen het nie. Die Israeliete het toe dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hulle het die Baäls gedien. Hulle het opgehou om die Here te dien, die God van hulle voorvaders, die Here wat hulle uit Egipte gebring het. Hulle het ander gode gedien, gode van die volke rondom hulle. Hulle het voor daardie gode gebuig en hulle het die Here kwaad gemaak. Ja, die Israeliete het opgehou om die Here te dien en hulle het die Baäls en Astartes gedien.
RIGTERS 2:6-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem. En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het. Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud; en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs. En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien en die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg. Maar toe hulle die HERE verlaat en die Baäl en die Astártes dien
RIGTERS 2:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Josua die volk laat gaan het, het hulle die land gaan verower en daarna het elkeen na sy grond toe gegaan. So lank as Josua geleef het, het die volk die Here gedien. Dit was ook nog so terwyl die leiers geleef het wat vir Josua oorleef het. Hulle het nog al die groot dade beleef wat die Here gedoen het om vir Israel te help. Josua, seun van Nun en dienaar van die Here, het honderd en tien jaar oud geword. Hy het gesterf, en hy is begrawe op sy grond in Timnat-Geres op die Efraimsberge noord van Gaäsberg. Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien. Hulle het opgehou om die Here die God van hulle voorvaders, wat hulle uit Egipte laat trek het, te dien. Hulle het ander gode begin dien, van die gode van die nasies in die omgewing. Die Israeliete het hierdie gode aanbid en die Here getart. Hulle het opgehou om die Here te dien en hulle het die Baäls en die Astartes gedien.
RIGTERS 2:6-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josua het die volk weggestuur, en die Israeliete het elkeen na sy erfdeel gegaan om die land in besit te neem. Die volk het die HERE gedien gedurende Josua se leeftyd, en ook gedurende die leeftyd van die oudstes wat lank ná Josua nog geleef het, hulle wat al die groot dade van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het. Josua, seun van Nun, die dienskneg van die HERE het op die ouderdom van honderd-en-tien jaar gesterf. Hulle het hom begrawe in die gebied van sy erfdeel in Timnat-Geres, wat in die heuwelland van Efraim geleë is, noord van die berg Gaäs. Nadat ook daardie hele geslag met hulle voorouers verenig is, het daar 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat nie die HERE geken het, en ook nie die dade wat Hy vir Israel gedoen het nie. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE; hulle het die Baäls gedien. Hulle het die HERE, die God van hulle voorouers, wat hulle uit Egipteland laat wegtrek het, verlaat, en agter ander gode aangeloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was. Hulle het voor hulle in aanbidding neergebuig en die HERE uitgetart. Hulle het die HERE verlaat en Baäl en die Astartes gedien.
RIGTERS 2:6-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Josua die volk laat trek het, het die kinders van Israel elkeen na sy erfdeel gegaan om die land in besit te neem. En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat nog oor Josua geleef het, wat al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het. En Josua, die seun van Nun, die dienaar van die HERE, het gesterwe toe hy honderd en tien jaar oud was. En hulle het hom begrawe op die grens van sy erfdeel in TimnatHEREs, op die gebergte van Efraim, aan die noordekant van die heuwel Gaäs. En ook daardie hele geslag is by hulle vaders versamel, en daar het 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat die HERE nie geken het nie en ook nie die werke wat Hy vir Israel gedoen het nie. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en die Baäls gedien. En hulle het die HERE, die God van hulle vaders, wat hulle uit Egipteland uitgelei het, verlaat en ander gode gevolg, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle voor hulle neergebuig en die HERE tot toorn geterg. En hulle het die HERE verlaat en Baäl en Astarte gedien.