JAKOBUS 4:9
JAKOBUS 4:9 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet besef dat dit baie sleg gaan met julle, julle moet huil en treur. Julle is nou vrolik, maar julle moet hartseer word. Julle is nou bly, maar julle moet ophou om bly te wees, en julle moet weet dat julle nie goed genoeg is nie.
JAKOBUS 4:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.
JAKOBUS 4:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bekla julle ellende, treur en huil! Laat julle vrolikheid in rou verander en julle blydskap in droefheid.
JAKOBUS 4:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Weeklaag en treur en huil! Laat julle lag in droefheid verander, en julle blydskap in somberheid.
JAKOBUS 4:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wees verdruk en treur en ween; laat julle lag in rou verander word en julle blydskap in beswaardheid.
JAKOBUS 4:9 Die Boodskap (DB)
Dit is iets waaroor julle baie sleg moet voel. Julle behoort daaroor te huil. Vee die glimlag van selftevredenheid van julle gesig af en wys hoe jammer julle oor julle sondes is. In plaas van die lag van vrolikheid moet daar die traan van skuld en rou wees.