YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

JAKOBUS 4:12

JAKOBUS 4:12 Bybel vir almal (ABA)

Daar is net Een wat wette maak en wat mag oordeel. Net Hý kan mense red of laat sterf. Maar jý, jy mag nie jou naaste oordeel nie.

Deel
Lees JAKOBUS 4

JAKOBUS 4:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat 'n ander oordeel?

Deel
Lees JAKOBUS 4

JAKOBUS 4:12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Daar is egter maar een Wetgewer en Regter, en dit is Hy wat die mag het om te red en te verdelg. Maar jy, wie is jy om regter te speel oor jou naaste?

Deel
Lees JAKOBUS 4

JAKOBUS 4:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Daar is net een Wetgewer en Regter – Hy wat in staat is om te verlos en te vernietig. Maar jy, wie is jy om jou naaste te oordeel?

Deel
Lees JAKOBUS 4

JAKOBUS 4:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Daar is een wetgewer wat in staat is om te red en te vernietig: wie is jy wat 'n ander oordeel?

Deel
Lees JAKOBUS 4

JAKOBUS 4:12 Die Boodskap (DB)

Daar is net een Persoon wat belangriker is as die wet en dit is die Een wat die wet gemaak het. Hy alleen kan besluit wie vrygespreek word en wie veroordeel word. Wie is jy nou miskien om te maak of jy kan oordeel of iets kan sê oor jou medemens?

Deel
Lees JAKOBUS 4

JAKOBUS 4:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Net God – Hý wat die wet gemaak het – kan as Regter oor ons optree. Net Hý het die mag om te verlos of te vernietig. Dit is dus baie duidelik dat julle nie regter oor julle naaste kan speel nie.

Deel
Lees JAKOBUS 4
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's