JAKOBUS 4:1
JAKOBUS 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?
JAKOBUS 4:1 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet goed hoekom julle twis en baklei met mekaar. Dit is omdat julle so baie slegte dinge wil hê vir julleself. Die dinge wat julle wil hê, baklei met mekaar in julle harte.
JAKOBUS 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WAARVANDAAN kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?
JAKOBUS 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waar kom al die oorloë en gevegte onder julle vandaan? Kom dit nie van julle begeertes, wat in julle ledemate oorlog voer nie?
JAKOBUS 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waar kom oorloë en gevegte onder julle vandaan? kom hulle nie daarvandaan nie, selfs uit julle begeerlikhede wat in julle lede oorlog voer?