JESAJA 9:6
JESAJA 9:6 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal 'n belangrike koning wees, en daar sal altyd vrede wees. Hy sal koning wees soos sy voorvader Dawid, hy sal regverdig wees en hy sal altyd reg doen aan almal. Die Here wat oor alles regeer, sal dit laat gebeur, want Hy sal ons nie los nie.
JESAJA 9:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
JESAJA 9:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.
JESAJA 9:6 Die Boodskap (DB)
Sy koninkryk en mag sal aanhou uitbrei en Hy sal vir altyd vrede bring. Hy sal vir altyd op Dawid se troon sit en sy koninkryk met regverdigheid en billikheid regeer. Daarvoor sal die absolute goedheid van die Here die Almagtige sorg.