JESAJA 9:2
JESAJA 9:2 Bybel vir almal (ABA)
Here, U het die mense baie meer laat word en U het hulle baie bly gemaak. Hulle is voor U so bly soos in die tyd wanneer hulle die koring afsny. Hulle juig soos wanneer hulle gewen het in 'n oorlog en wanneer hulle die vyande se goed vir hulleself vat.
JESAJA 9:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.
JESAJA 9:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak, hulle blydskap groot gemaak. Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel.
JESAJA 9:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U het die nasie vermeerder, U het hulle vreugde groot gemaak. Hulle ervaar vreugde voor U, soos die vreugde in die oestyd, soos dié wat juig wanneer hulle buit verdeel.
JESAJA 9:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die volk wat in die duisternis gewandel het, het 'n groot lig gesien: die wat in die land van doodskaduwee woon, oor hulle het die lig geskyn.
JESAJA 9:2 Die Boodskap (DB)
Israel sal weer groot wees en sy mense sal lag en jubel soos in die oestyd. Hulle skree uitbundig van vreugde soos die soldate wanneer hulle die oorlogsbuit verdeel.