JESAJA 9:11
JESAJA 9:11 Bybel vir almal (ABA)
Die Arameërs het uit die ooste gekom en die Filistyne uit die weste, en hulle het Israel aangeval. Hulle het die land heeltemal verwoes. Maar dit was nie genoeg vir die Here nie. Hy het kwaad gebly en Hy het aangehou om hulle te straf.
JESAJA 9:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die Arameërs van voor en die Filistyne van agter, dat hulle Israel met volle mond kan opeet. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
JESAJA 9:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Arameërs uit die ooste en Filistyne uit die weste het vir Israel met een hap verslind. Ondanks dit alles bedaar die toorn van die Here nie; sy hand bly uitgesteek teen hulle.
JESAJA 9:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aram uit die ooste en die Filistyne uit die weste. Hulle het Israel gulsig verslind. Ondanks dit alles het sy toorn nie bedaar nie, en bly sy hand steeds uitgestrek.
JESAJA 9:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sal die HERE die teëstanders van Resin teen hom oprig en sy vyande saamvoeg