JESAJA 8:9
JESAJA 8:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maak geraas, o volke, en — stort inmekaar; en luister, alle ver plekke van die aarde! Gord julle en — stort inmekaar; gord julle en — stort inmekaar.
JESAJA 8:9 Bybel vir almal (ABA)
Die volk het gesê: “Julle volke, julle doen slegte dinge, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Julle wat uit die ver plekke van die aarde kom, julle moet luister. Julle maak gereed om oorlog te maak, maar julle sal nie weet waarnatoe julle moet vlug nie. Dit is seker.
JESAJA 8:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Doen maar kwaad, volke, julle sal inmekaar stort! Luister, al julle ver plekke van die aarde! Maak maar klaar vir die geveg, julle sal inmekaar stort! Maak maar klaar vir die geveg, julle sal inmekaar stort!
JESAJA 8:9 Die Boodskap (DB)
Luister hier, julle vreemde lande en ver plekke van die aarde, julle kan maar julle oorlogskrete uitskree, ons skrik nie, dit is julle wat gaan weghardloop van vrees. Maak gerus reg vir oorlog, maar terselfdertyd ook vir die paniek wat julle gaan oorweldig.