JESAJA 7:9
JESAJA 7:9 Bybel vir almal (ABA)
Peka is ook nie belangrik nie. Hy is nie 'n koning van die nageslag van Dawid nie. Hy is net die hoof van Samaria, en Samaria is die hoofstad van Efraim, Jerusalem is nie die hoofstad van Efraim nie. Maar, Agas, as julle nie aanhou glo nie, dan sal julle nie aanhou lewe nie.”
JESAJA 7:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Samaría is die hoof van Efraim, en die seun van Remália die hoof van Samaría. As julle nie glo nie — voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie!
JESAJA 7:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
want dit is maar net Samaria wat die hoofstad van Efraim is en net Peka seun van Remalja wat koning van Samaria is. Maar ook julle sal nie standhou as julle nie in geloof standhou nie.