JESAJA 6:9-10
JESAJA 6:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.” Verder het Hy vir my gesê
JESAJA 6:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: ‘Julle sal hoor en hoor wat Ek sê, maar julle sal nie verstaan nie. Julle sal kyk en kyk, maar julle sal nie weet wat julle sien nie.’ Jy moet hierdie volk dom maak, jy moet hulle ore laat toegaan. Jy moet hulle oë toemaak, sodat hulle nie kan sien en hoor en verstaan en verander en lewe soos Ek wil hê nie, en sodat Ek hulle nie sal gesond maak nie.”
JESAJA 6:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie. Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
JESAJA 6:9-10 Die Boodskap (DB)
Toe sê die Here vir my: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal my stem hoor, maar nie ’n woord verstaan van wat Ek sê nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie besef wat dit beteken nie.” Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk hardkoppig. Druk hulle oë en ore toe sodat hulle niks kan hoor of sien of verstaan nie, sodat hulle nie na My toe terugkom en vra dat Ek hulle moet gesond maak nie.”
JESAJA 6:9-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het gesê: “Ja, gaan. Sê vir hierdie mense só: “‘Julle sal my woorde hoor, maar dit nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie die betekenis daarvan snap nie.’ Verhard hierdie volk se harte. Maak hulle ore toe en hulle oë blind. Andersins sien hulle dalk en hoor hulle, en verstaan hulle, en draai dan na My toe en word hulle gesond gemaak.”