JESAJA 33:5-6 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
JESAJA 33:5-6 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die Here is hoog verhewe, Hy woon in die hoogte; Hy sal sorg dat daar in Sion reg geskied en reg gedoen word. Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou. Die kosbare besitting wat werklik kan help, is wysheid en kennis; die rykdom waarop Sion hom kan verlaat, is die diens van die Here.
JESAJA 33:5-6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.
JESAJA 33:5-6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die HERE is hoog verhewe. Hy woon in die hemel. Hy sal Jerusalem met reg en geregtigheid vul. Lewenslank is Hy jou vaste fondament, ’n ryke voorraad van redding, wysheid en kennis. As jy die Here dien, sal jy al hierdie skatte kry.
JESAJA 33:5-6 DB (Die Boodskap)
Die Here is groot en Hy regeer oor die hele aarde. Hy sal sorg dat daar reg en geregtigheid in Jerusalem geskied. In daardie tyd sal Hy die fondament wees waarop julle met vertroue kan bou. Hy sal julle oorlaai met ’n skat van wysheid en kennis wat tot julle verlossing sal lei. Maar die sleutel tot hierdie skat is die ontsag wat julle vir die Here het.
JESAJA 33:5-6 ABA (Bybel vir almal)
Die Here is bo almal, want Hy woon in die hemel. Hy sal sê, en die mense in Sion sal almal weer reg doen en regverdig wees. Hulle sal altyd die Here vertrou. Hy sal hulle red en Hy sal vir hulle wysheid en kennis gee. Hulle sal die Here dien, dit sal hulle ryk maak.
JESAJA 33:5-6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die HERE is verhewe, ja, Hy woon in die hoogte. Hy vul Sion met reg en geregtigheid. Hy sal bestendigheid aan jou tye bied, 'n rykdom van bystand, wysheid en kennis, ontsag vir die HERE – dit is sy skatte.
JESAJA 33:5-6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE is hoog; want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid. En wysheid en kennis sal 'n standvastigheid van jou tye wees en 'n sterkte van verlossing: die vrees van die HERE is sy skat.