JESAJA 25:2
JESAJA 25:2 Bybel vir almal (ABA)
Ja, U het die groot stad verwoes. Die stad wat die sterk mure gehad het, is nou 'n hoop klippe. Die sterk stad van die vyande is nie meer 'n stad nie, niemand sal die stad weer bou nie.
JESAJA 25:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want U het van 'n stad 'n hoop klippe gemaak, van 'n versterkte vesting 'n puinhoop; 'n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.
JESAJA 25:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
U het die groot stad verander in puinhope, die vestingstad in ruïnes. Die vesting van die vyand is nie meer 'n stad nie, dit sal nooit herbou word nie.
JESAJA 25:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, U het van 'n stad 'n kliphoop, van 'n versterkte stad 'n vervalle plek gemaak. Die vesting van vreemdes is nie meer 'n stad nie; dit sal nooit herbou word nie.
JESAJA 25:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want U het van 'n stad 'n hoop gemaak; van 'n verdedigde stad 'n puinhoop: 'n paleis van vreemdelinge om geen stad te wees nie; dit sal nooit gebou word nie.