JESAJA 19:21
JESAJA 19:21 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sal vir die Egiptenaars sê wie Hy is, en hulle sal Hom leer ken. Hulle sal diere vir Hom offer en ete-offers bring, hulle sal vir die Here dinge belowe en hulle sal dit doen.
JESAJA 19:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
JESAJA 19:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal die Here Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en op daardie dag sal hulle Hom leer ken. Hulle sal die Here met diereoffers en met graanoffers dien, en hulle sal hulle geloftes aan Hom nakom.
JESAJA 19:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE sal Hom aan die Egiptenare bekend maak, en die Egiptenare sal Hom erken op daardie dag. Hulle sal Hom dien met slagoffers en •graanoffers, en aan die HERE geloftes aflê en dit nakom.
JESAJA 19:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE sal aan Egipte bekend word, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag, en hulle sal slagoffers en spysoffers bring; ja, hulle moet 'n gelofte aan die HERE doen en dit nakom.