JESAJA 17:10
JESAJA 17:10 Bybel vir almal (ABA)
Ja, Israeliete, julle het weggegaan van die God wat julle gered het, julle het die Rots vergeet by wie julle veilig was. Julle maak mooi tuine en julle plant daar vreemde plante.
JESAJA 17:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke
JESAJA 17:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy, Israel, het die God wat jou altyd gehelp het, verlaat; jy het gemaak of die Rots wat jou toevlug was, nie meer daar is nie. Lê maar pragtige tuine aan vir jou afgode, plant maar allerlei uitheemse struike
JESAJA 17:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
omdat jy die God wat jou verlos, vergeet het, die Rots wat jou toevlugsoord is, nie onthou het nie. Daarom lê julle pragtige tuine aan, plant julle die steggies van 'n vreemde god.
JESAJA 17:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat jy die God van jou heil vergeet het en nie aan die rots van jou sterkte gedink het nie, daarom moet jy lieflike plante plant en dit op vreemde strokies sit.
JESAJA 17:10 Die Boodskap (DB)
Julle vra hoekom? Omdat jy, Israel, die rug gedraai het vir die Here wat jou nog altyd gehelp het. Julle het vergeet dat die Here altyd die rots was waar julle veilig kon wegkruip vir julle vyande. So, plant maar lote en lê die mooiste tuine aan vir julle afgode vir wie julle so lief is.