JESAJA 16:5
JESAJA 16:5 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat lief is vir julle, sal dan iemand koning maak van die nageslag van koning Dawid. Dit sal iemand wees wat koning mag wees, iemand wat regverdig regeer en wat weet hoe om reg te doen.
JESAJA 16:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.
JESAJA 16:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
sal die Here in sy trou 'n troon oprig, en daarop sal 'n heerser sit uit die nageslag van Dawid. Hy sal betroubaar wees: hy sal hom beywer vir wat reg is, hy sal reg laat geskied.
JESAJA 16:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sal, deur troue liefde, 'n troon gevestig word. Daarop sal iemand in getrouheid in die tent van Dawid sit – iemand wat regspreek, wat streef na wat reg is, en ervare is in geregtigheid.
JESAJA 16:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En deur barmhartigheid sal die troon bevestig word, en hy sal in waarheid daarop sit in die tent van Dawid, terwyl hy oordeel en reg soek en geregtigheid haastig.