HEBREËRS 4:14-16
HEBREËRS 4:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het, Jesus, die •Seun van God, laat ons styf vashou aan ons belydenis. Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het. Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Jesus wat die Seun van God is, het gegaan tot by God in die hoogste hemel, en Jesus is nou ons groot Hoëpriester. Daarom moet ons aanhou om die dinge te glo wat ons weet is waar. Want ons het 'n Hoëpriester wat presies weet hoe dit voel om so swak te wees soos ons. Die duiwel het op baie maniere hard probeer om vir Jesus te verlei, soos hy ook vir ons probeer verlei. Maar Jesus het nie sonde gedoen nie. Daarom moet ons nie bang wees om tot God te bid nie, God wat op sy troon sit, God wat genadig is. Ons moet na Hom toe gaan sodat Hy jammer kan wees vir ons en genadig kan wees vir ons, en sodat Hy vir ons kan help wanneer ons Hom nodig het.
HEBREËRS 4:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TERWYL ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
HEBREËRS 4:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele gegaan het, Jesus, die •Seun van God, laat ons styf vashou aan ons belydenis. Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het. Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Aangesien ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deurgegaan het na die hemele, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan ons belydenis. Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie deur die gevoel van ons swakhede aangeraak kan word nie; maar was in alle opsigte versoek soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:14-16 Die Boodskap (DB)
Ons bely dat ons God vertrou en daaraan moet ons met albei hande styf vashou. Ons het baie goeie rede om dit te doen: Jesus, die Seun van God, is ons groot Hoëpriester wat tot by God self gegaan het. Hy sal ons saak by God behartig. Hy is nie iemand wat niks van ons weet en daarom nie simpatie met ons swakhede sal hê nie. Nee, Hy het al dieselfde pad as ons geloop en is deur dieselfde versoekings as ons, met dié verskil dat Hy nie een maal ’n fout gemaak het nie. Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons. Wanneer ons dit nodig het, sal God vir ons meer gee as wat ons verdien en ons met sy liefde omvou.
HEBREËRS 4:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons het dan nou ’n groot Hoofpriester wat deur die hemele beweeg het, Jesus die Seun van God. Laat ons voortdurend aan ons geloofsbelydenis aangaande hierdie Jesus vashou. Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.