HEBREËRS 4:1 - Compare All Versions

HEBREËRS 4:1 ABA (Bybel vir almal)

God het belowe dat Hy sy volk sal laat kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, en hierdie belofte is nou nog waar. Daarom moet ons oppas, God sal miskien sê dat party van julle nie in die land sal kom waar ons veilig kan woon en kan rus nie.

HEBREËRS 4:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.

HEBREËRS 4:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie.

HEBREËRS 4:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Laat ons daarom versigtig wees, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan, nog bly staan, dat dit nie mag blyk dat een van julle agtergebly het nie.

HEBREËRS 4:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Laat ons dan vrees dat, terwyl daar 'n belofte om in sy rus in te gaan, ons agtergelaat word, dit lyk of iemand van julle dit ontbreek.

HEBREËRS 4:1 DB (Die Boodskap)

God het beloof dat sy mense eendag vir ewig saam met Hom sal rus. Dit geld ook vir ons. Ons moet seker maak dat julle almal dit uiteindelik sal haal.

HEBREËRS 4:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

God se belofte dat ons sy rus kan binnegaan, staan nog steeds. Daarom moet ons oppas dat dit nie dalk blyk dat een van julle langs die pad agtergebly het nie.