HABAKUK 2:8
HABAKUK 2:8 Bybel vir almal (ABA)
Julle het baie volke se goed gevat. Nou sal die volke wat oorgebly het, julle goed kom vat. Julle het baie mense vermoor, julle het oorlog gemaak teen al die mense wat in stede gewoon het.
HABAKUK 2:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal al die volke wat oorgebly het, jou uitbuit, weens die bloed van die mense en die geweld teen die land, die stad en al sy inwoners.
HABAKUK 2:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy het baie nasies geplunder, maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder, want jy het baie bloed vergiet, geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.
HABAKUK 2:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Omdat jy baie nasies geplunder het, sal al die volke wat oorbly, jou plunder oor die bloedvergieting van mense, die geweld teen lande, stede en almal wat daar woon.’
HABAKUK 2:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat jy baie nasies uitgebuit het, sal die hele oorblyfsel van die volke jou plunder; vanweë die mensebloed en vanweë die geweld van die land, van die stad en van almal wat daarin woon.