HABAKUK 2:3-4
HABAKUK 2:3-4 Die Boodskap (DB)
Die dinge wat Ek vir jou gewys het en wat jy opgeskryf het, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Maar binnekort gaan dit vir seker gebeur. Dit voel dalk vir jou of dinge sloer en of niks aan die gebeur is nie, maar wees geduldig. Jy sal sien, kom sal dit kom en niks en niemand sal dit kan terughou nie. Die vyand is vol van homself, maar sal nie oorleef nie. Maar mense wat die Here met ’n opregte hart dien, sal lewe as hulle aan Hom getrou bly.
HABAKUK 2:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir jou iets wys. Dit sal kom op die regte tyd. Dit sal gebeur, dit is seker. As dit nie gou gebeur nie, dan moet jy wag, want dit sál gebeur. Hoogmoedige mense sal nie kry wat hulle wil hê nie, maar mense wat reg lewe, sal aanhou lewe omdat hulle gehoorsaam is aan My.”
HABAKUK 2:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie: Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
HABAKUK 2:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Dit is die boodskap: Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly.
HABAKUK 2:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want die visioen wag nog vir die vasgestelde tyd; dit getuig van die einde en sal nie teleurstel nie. As dit talm, wag daarop, want dit kom vir seker, dit sal nie uitbly nie. Kyk, hy wat nie opreg is nie, kwyn weg – maar die regverdige – deur sy betroubaarheid sal hy lewe.
HABAKUK 2:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want die gesig is nog vir 'n vasgestelde tyd, maar aan die einde sal dit spreek en nie lieg nie; al vertoef dit, wag daarop; want dit sal sekerlik kom, dit sal nie uitbly nie. Kyk, sy siel wat verhewe is, is nie reg in hom nie, maar die regverdige sal uit sy geloof lewe.
HABAKUK 2:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie. “Kyk na die hoogmoediges! Hulle vertrou op hulleself en hulle lewe is boos. Die regverdiges, daarenteen, sal deur hulle geloof lewe.