HABAKUK 2:1-2
HABAKUK 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal bo-op die muur gaan staan sodat ek ver kan sien. Miskien sien ek wat die Here vir my wil sê. Miskien antwoord Hy my vrae. Die Here het geantwoord. Hy het vir Habakuk gesê
HABAKUK 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
OP my wagtoring wil ek gaan staan en op 'n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord. Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
HABAKUK 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt. Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.
HABAKUK 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op my wagpos wil ek gaan staan; ek wil stelling inneem op die vestingmuur, op die uitkyk wees om agter te kom wat Hy vir my gaan sê en wat ek mense moet antwoord oor my verwyt. Die HERE het my toe geantwoord; Hy het gesê: “Skryf die openbaring neer; skryf dit duidelik op kliptafels, sodat iemand dit maklik kan lees.
HABAKUK 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal op my wag staan en my op die toring sit, en ek sal waak om te sien wat hy vir my sal sê en wat ek sal antwoord as ek teregwys word. En die HERE het my geantwoord en gesê: Skryf die gesig op en maak dit duidelik op tafels, dat hy kan hardloop wat dit lees.
HABAKUK 2:1-2 Die Boodskap (DB)
Soos ’n wag op sy wagpos sal ek regstaan om te hoor wat die Here vir my te sê het en wat Hy met my klagte gaan maak. So het die Here my geantwoord: Skryf versigtig en duidelik op kleitablette neer wat Ek jou gaan wys sodat enige mens wat dit lees, nie kan wag om dit aan ander mense te vertel nie.
HABAKUK 2:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek gaan in my uitkyktoring staan, my plek inneem op my wagpos in die muur. Ek wag om te sien wat die HERE vir my gaan sê, wat sy antwoord op my klagte sal wees. HERE Toe het die HERE geantwoord: “Skryf my antwoord, die visioen, in groot, duidelike letters op kleitablette sodat iemand wat verbyhardloop dit kan lees.