GENESIS 48:4
GENESIS 48:4 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak, en jy sal baie kinders hê. Jou nageslag sal baie volke wees en Ek sal hierdie land vir hulle gee. Dit sal altyd hulle land wees.’
GENESIS 48:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot 'n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.
GENESIS 48:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en vir my gesê: ‘Ek sal jou vrugbaar maak en aan jou baie kinders gee. Ek sal jou nageslag baie volke laat word. Ek sal hierdie land aan jou nageslag gee om vir altyd te besit.’
GENESIS 48:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en vir my gesê, ‘Kyk, Ek gaan jou vrugbaar maak en jou talryk laat word; Ek sal jou 'n skare volke maak. Ek sal hierdie land vir jou nageslag ná jou gee as erfgrond vir altyd.’
GENESIS 48:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En het vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder, en Ek sal van jou 'n menigte volke maak; en sal hierdie land aan jou nageslag ná jou gee as 'n ewige besitting.