GENESIS 48:17
GENESIS 48:17 Bybel vir almal (ABA)
Toe Josef sien dat sy pa sy regter-hand op Efraim se kop sit, het hy gedink dit is verkeerd. Hy neem toe sy pa se regter-hand en probeer om dit op Manasse se kop te sit.
GENESIS 48:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.
GENESIS 48:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Josef sien sy pa sit sy regterhand op Efraim se kop, het Josef gedink dis nie reg nie en toe tel hy Jakob se hand van Efraim se kop af op om die hand op Manasse se kop te sit.
GENESIS 48:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef het egter gesien dat sy vader sy regterhand op Efraim se kop sit, en dit was verkeerd in sy oë. Hy vat toe sy vader se hand om dit van Efraim se kop weg te skuif na Manasse se kop.
GENESIS 48:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die kop van Efraim lê, was dit verkeerd in hom