GENESIS 48:15 - Compare All Versions
GENESIS 48:15 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy het vir Josef geseën en gesê: “Mag die God naby wie my voorvaders Abraham en Isak geleef het, die God wat vir my van my geboorte af tot nou toe gesorg het
GENESIS 48:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe
GENESIS 48:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe seën hy vir Josef en sê: “Mag God, die God voor wie my oupa Abraham en my pa, Isak, geleef het, die God wat my versorg het my lewe lank tot vandag toe
GENESIS 48:15 DB (Die Boodskap)
Jakob het Josef toe geseën: “Mag die God vir wie Abraham en Isak baie lief was, naby aan hierdie twee seuns wees. En mag die God wat altyd by my was en my in alles gehelp het, julle gelukkig maak.
GENESIS 48:15 ABA (Bybel vir almal)
Jakob het Josef se nageslag geseën en gesê: “My oupa Abraham en my pa Isak het God gedien en hulle was gehoorsaam aan Hom. God was ook my Herder my hele lewe lank, tot vandag toe.
GENESIS 48:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het Josef geseën en gesê: “Die God voor wie my voorvaders, Abraham en Isak, geleef het, die God wat my as herder versorg het, my lewe lank, tot vandag toe
GENESIS 48:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het Josef geseën en gesê: God, voor wie my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my my hele lewe lank gevoed het tot vandag toe!