GENESIS 48:11
GENESIS 48:11 Bybel vir almal (ABA)
Jakob sê toe vir Josef: “Ek het gedink dat ek jou nie weer sal sien nie. Maar God was baie goed vir my, en ek het ook jou nageslag gesien.”
GENESIS 48:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.
GENESIS 48:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Israel vir Josef: “Ek het nooit daaraan gedink dat ek jou weer sal sien nie, en hier laat God my nou ook nog jou kinders sien.”
GENESIS 48:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Israel sê toe vir Josef: “Ek het nie eers gebid om jou gesig weer te sien nie, en kyk, God het my selfs jou nakomelinge laat sien!”
GENESIS 48:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Israel vir Josef: Ek het nie gedink om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien.