GENESIS 25:7-8
GENESIS 25:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Abraham het 175 jaar oud geword. Hy was baie oud. Hy het gesterf en hy is begrawe.
GENESIS 25:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd-vyf-en-sewentig jaar. Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.
GENESIS 25:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abraham het op hoë ouderdom gesterf. Hy het honderd vyf en sewentig jaar oud geword en was 'n grysaard met 'n vol lewe agter die rug toe hy gesterf het.
GENESIS 25:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die aantal jare van Abraham wat hy geleef het – 175 jaar. Abraham het sy asem uitgeblaas en op 'n hoë ouderdom gesterf, oud en ná 'n vol lewe, en hy is met sy mense verenig.
GENESIS 25:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy gelewe het, honderd vyf en sestig jaar. Toe het Abraham die gees opgegee en in goeie ouderdom gesterwe, 'n ou man en vol jare; en is by sy volk versamel.