YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

GENESIS 25:28

GENESIS 25:28 Bybel vir almal (ABA)

Isak was meer lief vir Esau, want Isak het gehou van wildsvleis. Maar Rebekka was meer lief vir Jakob.

Deel
Lees GENESIS 25

GENESIS 25:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.

Deel
Lees GENESIS 25

GENESIS 25:28 Afrikaans 1983 (AFR83)

Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek.

Deel
Lees GENESIS 25

GENESIS 25:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Isak het van Esau gehou, want wildsvleis was na sy smaak; Rebekka, daarenteen, het van Jakob gehou.

Deel
Lees GENESIS 25

GENESIS 25:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En Isak het Esau liefgehad, omdat hy van sy wildsvleis geëet het, maar Rebekka het Jakob liefgehad.

Deel
Lees GENESIS 25

GENESIS 25:28 Die Boodskap (DB)

Isak was mal oor Esau, omdat hy altyd vir sy pa sulke lekker wildsvleis gemaak het. Rebekka weer was erg oor Jakob, haar huiskind.

Deel
Lees GENESIS 25

GENESIS 25:28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Isak het ’n voorkeur vir Esau gehad oor die wildsvleis wat hy vir hom gebring het. Rebekka weer, was liewer vir Jakob.

Deel
Lees GENESIS 25
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's