GENESIS 25:27
GENESIS 25:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
GENESIS 25:27 Bybel vir almal (ABA)
Die seuns het grootgeword, en Esau kon goed jag. Hy het gehou van die veld. Jakob was 'n rustige man en hy het geboer met skape en bokke.
GENESIS 25:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die seuns het grootgeword. Esau was 'n ervare jagter, 'n man van die veld; Jakob was 'n rustige mens, hy het tuis gebly.
GENESIS 25:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die seuns het opgegroei. Esau het 'n knap jagter geword, 'n man van die veld; en Jakob was 'n fatsoenlike man wat in tente gewoon het.
GENESIS 25:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die seuns het grootgeword, en Esau was 'n geslepe jagter, 'n man van die veld; en Jakob was 'n eenvoudige man wat in tente gewoon het.
GENESIS 25:27 Die Boodskap (DB)
Albei seuns het grootgeword. Esau was ’n natuurmens en ’n goeie jagter, en hy het graag buite gekom. Hy het mettertyd die jagkuns aangeleer en ’n vaardige jagter geword. Jakob was heeltemal anders. Hy was ’n eenkantmens wat graag sy tyd in die tent deurgebring het.